Die AfriForum-tak in Parys het op 13 Februarie 2021 twee ton teer gebruik om slaggate rondom skole op die dorp te herstel ter voorbereiding van die skole wat heropen. Herstelwerk is in Van Coller-, Schilbach-, St Jan-, Eerste- en Kerkstraat gedoen. Die strate in Parys is in ’n haglike toestand en daarom het die plaaslike tak ingespring om ’n verskil te maak. Motoriste ly baie skade deur die slaggate waarvan sommige besonder diep en gevaarlik is.
“Dit is uiters noodsaaklik dat inwoners eienaarskap van hul dorpe begin neem omdat die meeste munisipaliteite glad nie meer hulle funksies verrig nie. Dit is baie belangrik dat elke inwoner in Parys wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie, betrokke sal raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. SMS “Parys” na 31481 (R1) om by AfriForum aan te sluit.
Dit is ’n duur proses om slaggate te herstel. Inwoners van Parys wat graag ’n bydrae wil lewer, kan Fanie Kruger skakel by 072 989 0901.
Donasies kan inbetaal word by:
AfriForum NPC
FNB Centurion-tak
Rekeningnommer: 623 4989 8398
Takkode: 261 550
Verwysing: Parys-opknap