Header Artwork
AfriForum se Springs-tak help tydens brande by substasies

Die AfriForum-tak in Springs het op 14 Februarie 2021 gereageer nadat ’n substasie in die sakekern aan die brand geslaan het. Die buurtwaglede het gemobiliseer, maar intussen het die minisubstasie in Zig Zagweg ook aan die brand geslaan. Die buurtwaglede het die situasie dadelik geëvalueer en die pad afgesper.

Die Springs-buurtwag het hul waterkar met die brandweer se toestemming ingespan om die vuur by die minisubstasie te blus en die situasie onder beheer te kry. Die brandweer kon hulle daarom op die groter brand in die sakekern toespits.

Volgens Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, is dit danksy goeie opleiding, toerusting en doelgerigte optrede dat AfriForum-buurtwaglede so spoedig kon reageer en kon help het om die situasie onder beheer te kry.

Raak vandag nog by AfriForum se Springs-tak betrokke: SMS “Springs” na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN