Header Artwork
AfriForum stig tak in Amanzimtoti

Die burgerregteorganisasie AfriForum het onlangs ’n nuwe tak in Amanzimtoti gestig ná verskeie versoeke uit die gemeenskap. Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal, het as gasspreker opgetree.

Die pasverkose takbestuur bestaan uit Jannie van Staden (voorsitter), Freddie Lewis (ondervoorsitter), Herman Vermeulen (tesourier), Willem Solomon (sekretaris) en Simone Barnard (ledewerwing).

Tydens die stigtingsvergadering het Van Aswegen die organisasie se model en onlangse suksesse voorgehou. AfriForum se model behels die versterking van gemeenskappe waar die plaaslike munisipaliteite tekortskiet, veral rakende plaaslikeregeringsake, gemeenskapsveiligheid en omgewingsake. Dit sluit geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring in.

“Dit is opwindend om deel te wees van ’n organisasie wat gemeenskappe dien om ’n beter toekoms in Suid-Afrika te help skep. Ons nooi almal uit wat deel van die oplossing wil wees om met een van die komiteelede in verbinding te tree en betrokke te raak. Ons sou graag mettertyd ook meer op veiligheid wil fokus en dit verder ontwikkel,” sê Van Staden, takvoorsitter van AfriForum se Amanzimtoti-tak.

“Ons is opgewonde om ons strukture in Amanzimtoti uit te brei om ’n volhoubare toekoms te skep. Ons sien daagliks al meer hoe noodsaaklik dit vir gemeenskappe is om betrokke te raak om dienslewering te verseker. Ons het ’n #VegEnBou-benadering waar ons vir goeie dienslewering baklei maar ook self inspring waar die staat misluk,” sluit Van Aswegen af.

Die takbestuur nooi graag die gemeenskap van Amanzimtoti uit na ’n inligtingsessie op 1 Maart 2021 om 19:00 by die Remax Opleidingsentrum in Amanzimtoti.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Amanzimtoti” na 45267 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN