Header Artwork
AfriForum se Sasolburg-tak deel van reddingspoging in Vaaldriehoek

Die AfriForum-tak in Sasolburg was deel van die span wat op 2 en 16 Januarie vanjaar mense en troeteldiere gered het op hoewes in die omgewing waar die Klein Rietspruit sy walle oorstroom het. AfriForum se Vanderbijlpark-tak, Vaal Response Unit, die SAPD se watervleuel en die Lugmag het ook aan die reddingspoging deelgeneem.

Die gebied het 130 m reën op 1 Januarie ontvang, wat veroorsaak het dat mense by die Klein Rietspruit vasgekeer was. Die reddingspanne het die spruit oorgesteek en twee gesinne en hul troeteldiere na veiligheid gebring.

Op 16 Januarie het die spruit ná erge reën weer oorstroom. Die watervlak was aansienlik hoër en sterker as die vorige keer, en die SAPD se watervleuel het bevestig dat die stroom te sterk was en ’n reddingspoging per helikopter die enigste uitweg sou wees.

Volgens André Vallentgoed, leier van AfriForum se Sasolburg-buurtwag, het die gebruik van hommeltuie ook beduidend tot die sukses van die reddingspogings bygedra. “Ons het die hommeltuig gebruik om met mense kontak te maak en in te lig dat daar met die reddingspoging begin is. Die lugbandradio wat deur die hommeltuie gebruik is, het baie gehelp omdat ons ’n radio aan die bevelvoerder kon gee wat só kommunikasie met lugsteun kon hê,” verduidelik Vallentgoed.

“Ons het groot waardering vir al die mense wat gehelp het om hierdie mense te red. Deur hierdie gebeure is dit ook duidelik dat opleiding noodsaaklik is. Ons was baie gelukkig om kundiges op die toneel te kon hê,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN