Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak woeker aan die begin van 2021

AfriForum se tak in Centurion het die nuwe jaar begin deur verskeie projekte aan te pak om die omgewing te verbeter en die gemeenskap te versterk. Die tak het verskeie klagtes ontvang rakende probleemareas wat nie onderhou word nie en wat ’n gevaar inhou vir inwoners. Misdadigers gebruik hierdie areas om mense aan te val of van die owerhede te ontsnap.

Die Centurion-tak het aan die werk gespring by die Wierdabrug-polisiestasie waar hulle gras rondom en binne die stasie gesny het en verskeie klippe en drade rondom die perseel verwyder het. In Gulfossweg, Valhalla was die posbusse só toegegroei dat inwoners gesukkel het om pos te gaan afhaal. Die tak het hier ook aan die werk gespring en die gras gesny en vullis verwyder om die area weer mooi en toeganklik vir almal te maak.

Verder het die tak die gras gesny by ’n gevaarlike laning in Willem Bothalaan in Wierdapark. Mense maak gereeld van die voetpaadjie gebruik maar dit het te gevaarlik geword, dus het die tak besluit om die gras daar te sny. Die tak het in Clubview ook gras gesny om die omgewing te verbeter.

“Dit is vir ons as tak belangrik om die gemeenskap by te staan en projekte aan te pak wat werklik ’n probleem is. Ons wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak en saam met ons projekte aan te pak,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

AfriForum het ’n dringende skrywe aan die Tshwane-metro gerig rakende ’n waterlek wat ’n geruime tyd al ’n probleem is en moontlik kan lei tot slaggate in die pad. Die waterlek is intussen spoediglik herstel.

“AfriForum sal voortgaan om projekte aan te pak om die gemeenskap en omgewing vir almal te verbeter. Ons is dankbaar vir die tak en elke rolspeler wat help om Centurion ’n veiliger en beter plek vir almal te maak. As almal saam hande vat kan ons baie vermag,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Die tak beplan om deur die jaar verskeie groot projekte aan te pak en wil graag die gemeenskap uitnooi om hul Facebook-blad dop te hou en om by die groepe op die Telegram-toep aan te sluit.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN