Header Artwork
Worcester-tak verskaf hulppakkette aan vier skole

AfriForum se Worcester-tak het op 28 Mei 2020 skolehulppakkette aan vier skole in die Worcester-omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Langerug Skool, Pionierskool vir siggestremde leerders in Worcester, Hoërskool Hexvallei en die Hexrivier Opvoedkundige Sentrum in De Doorns het dié pakkette ontvang om hulle te help om vir heropening gereed te maak.

Die skolehulppakkette bevat weggooibare maskers en patrone vir gesigmaskers, ’n inligtingsgids oor COVID-19, klaskamerplakkate, ’n elektroniese koorsmeter, ’n staander met handreiniger en botteltjies handreiniger.

“Die Worcester-takbestuur is bekommerd oor die feit dat die regering nie genoeg ondersteuning aan plaaslike skole bied ter voorbereiding van die heropening van skole nie. Ons voel daarom genoodsaak om hulp aan skole in nood te bied,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Dra vandag nog tot die tak se taknoodfonds by om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Worcester” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN