Header Artwork
Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement weier ivermektien; verontagsaam hofbevel

AfriForum het vandag ’n dringende brief aan die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement gerig nadat dit aan die lig gekom het dat dié departement die gebruik weier van ivermektien as voorkoming teen en behandeling van COVID-19. Die organisasie het die departement daarop gewys dat hulle ’n hofbevel verontagsaam en het ook in die brief gevra dat die departement hul besluit terugtrek.

AfriForum het op 2 Februarie ’n hofbevel bekom wat bepaal dat enigiemand ivermektien mag gebruik. Die bevel bepaal voorts dat mediese dokters geregtig is om by die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) aansoek te doen om ivermektien vir pasiënte voor te skryf en dat dokters tydens ’n noodgeval ivermektien mag toedien gelyklopend met die indiening van die artikel 21-aansoek by SAHPRA.

AfriForum het die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement tot Donderdag 11 Februarie om 08:00 gegun om hierdie besluit terug te trek.

“Die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement verontagsaam blatant ’n hofbevel en tree met hierdie besluit nie in die belang van pasiënte op nie. Hulle diskrimineer ook teen diegene wat nie toegang tot privaat mediese dienste het nie. Ivermektien is reeds vir dekades in gebruik en kan moontlik die las verlig wat gesondheidswerkers tans ervaar. Ons doen daarom ’n dringende beroep op die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement om hul besluit te herroep,” sê Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN