Header Artwork

Wêreldwyd het vanjaar weer hande gevat met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieeu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-toer.

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.

Sangers soos Theuns Jordan, Nianell, Refenste en Snotknop het saam getoer na die buiteland.

“Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Suid-Afrikanerskap kan vier,” meen Sue-Ann de Wet, projekkoördineerder: Suid-Afrikaanse diaspora.

Die optredes het vanjaar in Junie in Auckland, Brisbane, Perth, Wellington, Sydney, en Melbourne plaasgevind.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN