Header Artwork
Vuurwapenamnestie: AfriForum tree in die bres vir beleërde vuurwapeneienaars

AfriForum se regspan het op 3 Februarie 2021 ’n brief gerig aan Bheki Cele, minister van Polisie, oor die impak van die COVID-19-pandemie en die feit dat vuurwapeneienaars tydens die amnestietydperk by polisiekantore weggewys is . Daar word ook uitdruklik versoek dat die minister dit sterk oorweeg om nog ’n amnestieperiode aan die parlement voor te lê.

Dit volg nadat die amnestieperiode op 31 Januarie verstryk het. Etlike polisiekantore regoor die land is verlede week gekenmerk deur lang rye vuurwapeneienaars wat van die amnestieperiode gebruik wou maak. Daar was ook verskeie gerugte en klagtes dat slegs ’n sekere hoeveelheid aansoeke en innames per dag oorweeg is. Die res is glo weggewys, ondanks die feit dat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi op 20 Januarie 2021 alle provinsiale kommissarisse beveel het om te verseker dat stasies onder hul beheer aan verskeie aanpassings voldoen. Dié aanpassings behels die toedeling van bykomende lede tot die vuurwapenafdeling, asook om aansoeke en vuurwapens tot 21:00 in te neem, wat die afgelope naweek insluit.

Persone met onder meer vuurwapenlisensies wat verval het en wat nou in onregmatige besit van hul vuurwapens is, bevind hulself in ’n penarie omdat hulle dit nie meer by polisiekantore kan inhandig of elders kan laat stoor sonder die risiko te loop om vervolg te word nie. AfriForum versoek die minister in die brief om te bevestig dat mense in dié posisie nie vervolg sal word nie hangende die aansoek om ’n verdere amnestieperiode of uitkoms.

“AfriForum word oorval met oproepe van lede wat vertel hoe hulle vir etlike ure in rye moes staan, net om keer op keer weggewys te word. Met 2020 se ontberinge en vrees vir COVID-19 kan ’n mens verstaan dat menige burger nie die amnestieperiode as prioriteit geag het nie. Dit is ongelukkig meestal ouer mense wat hieronder gely het en nou in vrees lewe omdat hulle nie van die amnestieperiode kon gebruik maak nie,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN