Header Artwork
Veiligheidswenke: As jy weggaan die vakansie

Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. SMS jou naam na 45353 (R1).

Beligting:

    • Sorg dat buiteligte en sensors in werkende toestand is.
    • Gebruik ligte in die huis wat aan tydskakelaars gekoppel is.

Posbus:

    • Vra iemand om pos uit jou posbus te verwyder en staak koerantaflewerings.

Alarm:

    • Toets jou alarmstelsel en sorg dat die persoon wat na jou huis kyk weet hoe die stelsel werk.

Motors/motorfietse:

    • Sluit motors en motorfietse toe.
    • Moenie motorsleutels op plekke los waar dit maklik bereikbaar is nie.
    • Toets jou voertuig se opsporingstelsel.
    • Doen pakwerk vir die vakansie waar niemand jou motor kan sien nie.
    • Moenie langs die pad stop tensy jy 100% seker is dat dit veilig is nie.

Tuin:

    • Reël dat iemand jou tuin versorg terwyl jy met vakansie is.
    • Snoei plante naby jou elektriese omheining.

Heinings en hekke:

    • Maak seker dat jou elektriese omheining en hek in veilige werkende toestand is.
    • Maak seker dat alle slotte, deure, vensters en veiligheidshekke behoorlik toe is.

Perseel:

    • Moenie enige sleutels buite wegsteek nie.
    • Bêre alle tuingereedskap, stoele, tuinslange ens.
    • Installeer geslotebaankameras.

Waardevolle items:

    • Sluit waardevolle items in ’n kluis toe.
    • Maak seker dat TV’s en elektroniese toestelle nie van buite sigbaar is nie.
    • Sluit elektroniese toestelle op ’n veilige plek toe.

Beursies, handsakke en selfone:

    • Moenie beursies en selfone in klere se agtersakke dra nie.
    •  groot bedrae kontant saam met jou dra nie.
    • Hou jou handsak op jou skoot wanneer jy by ’n restaurant eet.
    • As jy probleme by ’n OTM ondervind, skakel jou bank en kanselleer jou kaart.

Bure:

    • Sorg dat jou bure jou kontakbesonderhede het en dié van die persone wat na jou huis en diere kyk.
    • Stel jou bure in kennis oor jou vertrek- en terugkeerdatum.
    • Moenie op openbare groepe sê dat jy weggaan nie.

Asblikke:

    • Bêre asblikke veilig weg.

Moets en moenies:

    • Moenie buitelandse valuta op die lughawe ruil nie.
    • Maak seker dat jy nie agtervolg word as jy mense by die lughawe oplaai nie.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. SMS jou naam na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN