Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. SMS jou naam na 45353 (R1).
Beligting:
-
- Sorg dat buiteligte en sensors in werkende toestand is.
- Gebruik ligte in die huis wat aan tydskakelaars gekoppel is.
Posbus:
-
- Vra iemand om pos uit jou posbus te verwyder en staak koerantaflewerings.
Alarm:
-
- Toets jou alarmstelsel en sorg dat die persoon wat na jou huis kyk weet hoe die stelsel werk.
Motors/motorfietse:
-
- Sluit motors en motorfietse toe.
- Moenie motorsleutels op plekke los waar dit maklik bereikbaar is nie.
- Toets jou voertuig se opsporingstelsel.
- Doen pakwerk vir die vakansie waar niemand jou motor kan sien nie.
- Moenie langs die pad stop tensy jy 100% seker is dat dit veilig is nie.
Tuin:
-
- Reël dat iemand jou tuin versorg terwyl jy met vakansie is.
- Snoei plante naby jou elektriese omheining.
Heinings en hekke:
-
- Maak seker dat jou elektriese omheining en hek in veilige werkende toestand is.
- Maak seker dat alle slotte, deure, vensters en veiligheidshekke behoorlik toe is.
Perseel:
-
- Moenie enige sleutels buite wegsteek nie.
- Bêre alle tuingereedskap, stoele, tuinslange ens.
- Installeer geslotebaankameras.
Waardevolle items:
-
- Sluit waardevolle items in ’n kluis toe.
- Maak seker dat TV’s en elektroniese toestelle nie van buite sigbaar is nie.
- Sluit elektroniese toestelle op ’n veilige plek toe.
Beursies, handsakke en selfone:
-
- Moenie beursies en selfone in klere se agtersakke dra nie.
- groot bedrae kontant saam met jou dra nie.
- Hou jou handsak op jou skoot wanneer jy by ’n restaurant eet.
- As jy probleme by ’n OTM ondervind, skakel jou bank en kanselleer jou kaart.
Bure:
-
- Sorg dat jou bure jou kontakbesonderhede het en dié van die persone wat na jou huis en diere kyk.
- Stel jou bure in kennis oor jou vertrek- en terugkeerdatum.
- Moenie op openbare groepe sê dat jy weggaan nie.
Asblikke:
-
- Bêre asblikke veilig weg.
Moets en moenies:
-
- Moenie buitelandse valuta op die lughawe ruil nie.
- Maak seker dat jy nie agtervolg word as jy mense by die lughawe oplaai nie.