Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. SMS jou naam na 45353 (R1).
Beligting:
-
- Gebruik sensorligte.
- Maak seker dat areas naby ingange en kamervensters genoeg verlig is.
Posbus:
-
- Maak jou posbus daagliks leeg.
Alarmstelsel:
-
- Koppel jou alarmstelsel aan ’n reaksie-eenheid.
- Toets alle paniekknoppies.
Voertuie:
-
- Bêre motorsleutels veilig weg.
- Sluit altyd jou voertuig se deure.
- Moenie waardevolle items sigbaar in jou voertuig los nie.
Tuin:
-
- Snoei bome en struike naby ingange na jou eiendom, of langs elektriese omheinings.
Heinings en hekke:
-
- Maak seker dat jou hekke nie van die spoor gelig kan word nie.
- Kyk dat daar nie vermiste panele, gate of vreemde voorwerpe in jou heining is nie.
Perseel:
-
- Installeer geslotebaankameras wat aan die internet gekoppel is met slimfoontoegang.
- Moenie vensters naby jou bedkassie of bed ooplos nie.
Waardevolle items:
-
- Moenie ’n kluis installeer of gebruik waar dit vir mense sigbaar is nie.
- Kyk TV op só ’n manier dat dit nie van buite af sigbaar is nie.
Beursies, handsakke en selfone:
-
- Moenie beursies en selfone in klere se agtersakke dra nie.
- Moenie groot bedrae kontant saam met jou dra nie.
- Hou jou handsak op jou skoot by restaurante.
- As jy probleme by ’n OTM ondervind, skakel jou bank en kanselleer jou kaart.
Kapings:
-
- Moenie elke dag dieselfde roetine volg nie.
- Wees waaksaam as jy by jou hek stop.
- Indien jy in ’n kaping betrokke is, volg die kapers se instruksies en moenie na hul gesigte kyk of met hulle stry nie.
Asblikke:
-
- Sorg dat alle asblikke weggebêre is.
- Moenie verpakking van nuwe elektroniese toerusting in of langs die asblik sit nie.
Moets en moenies:
-
- Moenie in die aand uitgaan as jy iets buite hoor nie. Ontbied hulp.
- Moenie werkers op straathoeke in diens neem nie.
- Laat jou honde in die huis slaap en kyk vir gif in jou erf.
- Meld enige verdagte persoon of motor by jou veiligheidstrukture aan.