Header Artwork
#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Rustenburg-tak maak ’n verskil

Die AfriForum-tak in Rustenburg het tussen 22 en 30 Oktober aan dié organisasie se #VegEnBou-veldtog deelgeneem. ’n Suksesvolle skoonmaakprojek is in samewerking met die munisipaliteit gevoer en ander projekte geloods.

Die veldtog het met ’n teenboeliepraatjie by Laerskool Protea Park en David Brink begin en ’n veiligheidsoudit is ook by Laerskool Protea Park uitgevoer. Vier essenhoute en een wildepruim is ook by Laerskool Dawid Brink geplant.

Die tak het op 25 Oktober aan die Swart Sondag-inisiatief teen plaasmoorde deelgeneem wat deur gemeenskapslede gereël is, en wit kruise is ook tydens die geleentheid opgerig ter nagedagtenis aan die plaasmoordslagoffers.

Die tak het 500 kg noodsaaklike voedsel aan onder meer Huis Sering, Spes Bona, Santa Fé, en Lighthouse-kinderhuis geskenk om dié instansies se finansiële las te verminder.

Die tak het ook ’n skoonmaakprojek by die spruit in Safari Tuine van stapel gestuur, waarby munisipale werkers ook betrokke was. Die plantegroei was dig en oorgroei, wat wegkruipplek aan misdadigers gebied het. Die munisipale span het twee laaigrawe tydens die skoonmaakprojek gebruik terwyl Crazy Skips Rustenburg stortbakke beskikbaar gestel het waarin die afval weggery is.

“Die skoonmaakprojek in Safari Tuine was ’n reusesukses, veral danksy die munisipaliteit se samewerking. Ons het nie net ’n veiligheidsrisiko uit die weg geruim nie, maar het ook ’n omgewingsprobleem opgelos aangesien die digte plantegroei die natuurlike vloei van die spruit verhinder het. AfriForum sal aanhou om betekenisvolle verskille in gemeenskappe te maak,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die Rustenburg-tak beoog om nóg bome te plant, asook noodwaterpunte in die dorp op te rig wat tydens wateronderbrekings gebruik kan word.

Sluit vandag nog by AfriForum se Rustenburg-tak aan en word deel van die verskil: SMS “Rustenburg” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN