Header Artwork
Haatspraakwetsontwerp

Die voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak is vir kommentaar gepubliseer. AfriForum voel dat werklike haatmisdade en -spraak strafbaar moet wees, maar dat hierdie wetsontwerp die betekenis daarvan verwring. As die Wetsontwerp as wetgewing aanvaar word, kan dit beteken dat tipes spraak wat tans deur die Grondwet beskerm word, as ’n misdaad gesien kan word.

Vryheid van uitdrukking is belangrik om te verseker dat ons demokrasie oorleef; dit gee aan mense die geleentheid om gesonde debatte te voer en die waarheid te ontdek, en dit bevorder ’n verdraagsame samelewing.

Vele van die konsepte in die Wetsontwerp, byvoorbeeld “emosionele skade”, is subjektief en kan verkeerd geïnterpreteer of uitgebuit word. Die inkonsekwente wyse waarop rassisme tans in Suid-Afrika veroordeel en gestraf word, maak mens skepties dat oortreders op ’n konsekwente wyse ingevolge hierdie Wetsontwerp gestraf gaan word.

Help AfriForum om jou grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking te beskerm.

Teken die petisie sodat Ernst Roets hierdie Wetsontwerp in die parlement kan teenstaan.

 

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, bespreek die kwessie van onteiening sonder vergoeding in die parlement.

AfriForum se kommentaar op die haatspraakwetsontwerp

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN