Header Artwork
Standerton-tak en -buurtwag help om nóg ’n brandende huis te blus

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Standerton se hulp is op Vrydag 29 November 2019 ontbied toe die tweede brandende huis binne drie maande in Stanwest onder hul aandag gebring is. Die plaaslike brandweer is ook in kennis gestel, maar het nie opgedaag nie. Dit is ook die tweede keer dat die plaaslike brandweer nie by ’n huisbrand opdaag nie.

“Toe ons die noodroep ontvang, het ons onmiddellik na die toneel gehaas. Met ons aankoms was die huis reeds in ligte laaie. Ons kon daarin slaag om die vlamme te blus, maar die huis is in die brand verwoes,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.

 

“Dit is belangrik dat gemeenskappe saamspan om doeltreffende reaksie tydens noodgevalle te verseker,” sê Pieter Botha voorsitter van AfriForum se Standerton-tak. Hy moedig gemeenskapslede aan om by bestaande strukture soos hierdie betrokke te raak om mekaar te ondersteun.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag en -tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN