AfriForum se Centurion-tak skop vandag hul #VegEnBou-week met ’n groot opknappingsprojek by die Voortrekkermonument af. Die tak gaan as deel van dié inisiatief ook ’n herwinningspunt by Laerskool Swartkop oprig, ’n goedvoel-aksie by Huis Jubilee hou en ondersoek instel om te kyk waar vullis onwettig gestort word met die oog om dit aan die kaak te stel.