Header Artwork


AfriForum se Roodepoort-buurtwag in samewerking met ander veiligheidsinstansies, naamlik die Florida GPF, HMA High Risk Security, Bhekani Abantu Services, Moks VIP and Protection Services, Apcan Security Group en die SAPD het op 30 Mei 2019 ’n klopjag vir dwelms in Florida en omliggende voorstede uitgevoer.

’n Groot hoeveelheid dwelms is gekonfiskeer en twee vermeende dwelmhandelaars is gevolglik in hegtenis geneem. ’n Voortgesette ondersoek na hierdie tipe misdaad word deur die genoemde belanghebbende groepe onderneem om misdadigers die gebied te ontsê.

“AfriForum se Roodepoort-tak is trots om deel te wees van ’n suksesvolle veiligheidsnetwerk wat tot ’n veiliger gemeenskap bydra,” sê Fanie Naudé, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.
“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van verskillende veiligheidsorganisasies wat kragte saamspan vir ’n gemeenskaplike doel: om gemeenskappe se weerbaarheid op te skerp. Samewerking is die sleutel tot sukses,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN