Header Artwork

ʼn Paartjie van Muldersdrift aan die Wes-Rand is Sondagoggend in hul bed op hul kleinhoewe gewond nadat rowers sowat vyf skote op hulle afgevuur het.

Marina Smit (27) het aan Forum Nuus gesê dat sy omstreeks 2:00 wakker geskrik en geskreeu het nadat sy twee mans voor haar en haar man, Shaun (32), se bed sien staan het. Hul seuntjie, Richard (20 maande), wat langs hulle in sy kot geslaap het, het ook weens die skote wakker geskrik en begin huil.

Shaun is drie keer in die been geskiet terwyl Smit in die boud gewond is. Richard is ongedeerd. Die egpaar se dogter, Joha-nne (5) het die aand by haar ouma geslaap.

Die egpaar is vasgebind en van hul trouringe, selfone, juweliersware, skootrekenaars en televisie beroof. Volgens Smit het die rowers hulle gewaarsku om 30 minute te wag voordat hul die polisie kontak.

Smit het gesê die polisie was spoedig op die toneel, waarna hulle dadelik die egpaar se verklarings gevat het en die perseel deursoek het.

Die egpaar het ʼn maand gelede na dié kleinhoewe verhuis en sê dat hulle die aand voor die voorval hul laaste bokse uitgepak het.

“Dit was ʼn baie traumatiese ervaring en daarom het ons het besluit dat ons dadelik wéér gaan moet trek,” het Smit gesê.

Sy is van mening dat die voorval plaasgevind het weens ʼn gebrek aan sekuriteit op dié erf.

“Daar is gewoonlik twee sekuriteitswagte wat toesig hou oor al vier huise op die erf. Saterdagaand was die eerste aand sedert ons ingetrek het wat hulle nie aan diens was nie.”

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is dit verblydend om te hoor dat die SAPD se optrede en reaksie op die egpaar se noodoproep spoedig was.

“Ons sal aanhou om saam met die polisie werk om te verseker dat hul diens verder verbeter en dat hul samewerking met lede van die gemeenskap toeneem.”

Shaun is tans by die Life Robinson-hospitaal in Randfontein. Daar is nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN