“Ons het ’n leuse hier in Pongola: ‘Jy is óf deel van die probleem óf deel van die oplossing’. Doen eerder iets as wat jy niks doen nie,” sê Alton Vlok, voorsitter van die bedrywige AfriForum-tak in Pongola wat dikwels hande met die gemeenskap vat en inspring om te veg teen die agteruitgang van hul KwaZulu-Natalse dorp.