Header Artwork
Organisasies en politieke partye span saam teen konsepwysigings aan vuurwapenwetgewing   

Verteenwoordigers van nagenoeg 21 organisasies en verenigings wat drie politieke partye insluit, het vandag ’n konferensie bygewoon by AfriForum Teater waar die konsepwysigings aan die bestaande vuurwapenwetgewing bespreek is. Uit hierdie organisasies het 12 deelgeneem deur hulle insette mondelings te lewer.

Die organisasies wat hulle insette gelewer het is AfriForum, die African Christian Democratic Party (ACDP), Girls on Fire, die Laeveld Jagters-, Versamelaars- en Sportskietvereniging, CORTAC Defence, Safecitizen, Firearms.co.za, Gun Owners South Africa (GOSA), Dear South Africa, die Demokratiese Alliansie (DA) en die Vryheidsfront Plus (VF+).

Dit volg nadat die Staatskoerant van 21 Mei 2021 die publiek uitgenooi het om kommentaar op die beoogde wysigingswet te lewer. Verskeie organisasies, verenigings en politieke partye het hul misnoeë te kenne gegee met die beoogde wysigings en verskeie petisies en kommentaarplatforms het die lig gesien.

Daar is na afloop van die konferensie ’n mosie aanvaar dat die organisasies onder meer met mekaar inligting en idees sal deel rondom die organisasies se projekte en/of veldtogte teen die konsepwysigings asook samewerking met betrekking tot moontlike litigasie teen die laasgemelde.

“Dit was ongelooflik om die gevoel van eenheid gedurende die konferensie te beleef. Die insette wat gelewer is, asook die gees waarmee sodanige insette aanvaar is, skep geweldig hoop vir die stryd wat voorlê,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN