As wetsgehoorsame burgers met vuurwapens moet kies tussen ’n onbevoegde regering en hul gesinne, sal hul beslis hul gesinne eerste stel. Meer as 21 organisasies, verenigings en drie politieke partye het hul vandag daartoe verbind om die konsepwysigings aan die bestaande Vuurwapenwet met mag en mening te beveg. Derduisende mense het reeds beswaar teen die wysigings gemaak. Die regering kan hom voorberei dat die stryd teen die beoogde ontwapening tot in die hoogste hof gevoer sal word.