Header Artwork
#OnsDorp-veldtog: Bronkhorstspruit-tak maak park skoon vir veiligheid

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het op Saterdag 26 Oktober 2019 die park by die verlenging van Cathiesstraat skoongemaak, as deel van die organisasie se #OnsDorp-veldtog.

Die Bronkhorstspruit-tak en die gemeenskap het saam die veld skoongemaak en ontbos, omdat misdadigers gereeld in dié gebied wegkruip. Hulle het ook tydens die skoonmaakprojek indringerbome in die omgewing verwyder.

“Gemeenskapslede het ons ingelig oor die park se slordige toestand, wat ook as skuilplek vir misdadigers dien. Ter wille van die inwoners se veiligheid het AfriForum besluit om die park te ontbos. Dit is vir AfriForum belangrik dat gemeenskappe ons van probleme soos hierdie laat weet sodat ons dit kan regstel,” sê Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om by hul plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak en ’n verskil in hul dorp te maak: SMS jou naam na 45341(R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN