Header Artwork
#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Helderbergkom-tak hou skoonmaakaksie in Gordonsbaai

As deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog het dié organisasie se Helderbergkom-tak die verlede week die groen strook langs die Summervale-aftreeoord in Gordonsbaai skoongemaak. Dié groen strook, wat strek vanaf Lemoenboomstraat tot by Dennehofstraat, is in samewerking met Blue Daisy Lawns skoongemaak.

Ses vragte bourommel en twee vragte herwinbare materiaal is verwyder, waarna die hele groen strook se gras gesny is.

“Die doel van skoonmaakaksies soos hierdie is om agteruitgang teen te werk en ons pragtige omgewing te bewaar. Die tak gaan voorts soortgelyke aksies aanpak om hierdie doelwitte na te streef,” sê adv. Johan Crouse, voorsitter van AfriForum se Helderbergkom-tak.

“Aksies soos hierdie dien as konkrete bewys dat gemeenskapstrukture hulself tot ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms moet beywer en self betrokke moet raak om probleme proaktief op te los. Die gemeenskap word aangemoedig om by die tak se projekte betrokke te raak,” sluit Crouse af.

Raak betrokke by die skoonmaakinisiatiewe van AfriForum se Helderbergkom-tak: SMS “Skoon” na 45265 (R1).

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN