Header Artwork
#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Ermelo-tak verf padtekens by laerskool

AfriForum se Ermelo-tak het op 30 November 2019 verskeie padtekens by die Laerskool J.J. van der Merwe geverf as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Sommige padtekens en randstene was nie geverf nie of nie meer duidelik sigbaar nie en die Ermelo-tak het ingegryp om die skool te help om die leerders se veiligheid te verseker.

“Dit is vir ons wonderlik en dit lê ons baie na aan die hart om by skole betrokke te raak en om te help waar ons kan om vir ons kinders ’n veiliger skoolomgewing te skep,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“AfriForum se Ermelo-tak het besluit om dié projek aan te pak omdat ons glo dat dit tot ’n beter gemeenskap kan bydra,” sê Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak.

Die tak nooi sakeondernemings, gemeenskapslede en skole uit om by dié projek betrokke te raak om Ermelo ’n beter en veiliger dorp te maak. Sluit vandag nog by AfriForum se Ermelo-tak aan: Stuur ’n e-pos na bronwen.pretorius@antiek.afriforum.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN