Header Artwork
#OnsDorp-projek: AfriForum-tak in Wolmaransstad maak dorp skoon en veiliger

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het deur die loop van April voortgegaan om projekte in die dorp uit te voer met behulp van die gemeenskap en personeel van Working on Fire. Gif is op verskeie sypaadjies gespuit om te verhoed dat gras en onkruid daar groei. Dit is ’n eenvoudige manier om sypaadjies in die toekoms makliker skoon te hou.

Slaggate in Van Riebeekstraat is met grond opgevul. Dit is ’n tydelike maatreël om te help aangesien dit nie tans reënseisoen is nie. Die tak is van plan om teer aan te koop om die slaggate behoorlik te herstel. Inwoners van Wolmaransstad wat wil bydra om teer aan te koop kan Christo Smit skakel by 083 627 8112.

Vrywilligers het die omgewing om die plaaslike ouetehuis skoongemaak en voorbrande gemaak saam met Working on Fire. Die inwoners en bestuur van die ouetehuis het nou meer gemoedsrus omdat hulle nie meer hoef te bekommer oor moontlike brande nie.

“Dis lekker dat inwoners toenemend betrokke raak by skoonmaakprojekte. Dit dui daarop dat die gemeenskap besef dat ’n mens iets self moet doen as jy dit gedoen wil hê,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Wolmaransstad” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN