Header Artwork
AfriForum se De Doorns-tak belê in die toekoms   

AfriForum se nuutgestigte tak in De Doorns het op Woensdag 5 Mei hul eerste projek afgeskop deur 230 bome en struike by die Sunny Kids- plaaslike skool te plant.

Die tak het 50 waterpere (Syzygium guineense), 130 populiere (Populus simonii) en 50 Kaapse kanferfoelie (Tecomaria capensis) by die skool geplant. Die skool is in Februarie 2021 geopen om die gemeenskap te bevorder en uit te bou. Daar is tans 40 leerders in die skool.

“Die waterpere en populiere gaan dalk nie vir ons nie, maar wel vir geslagte ná ons skadu bied en dit is waarom ons dié projek as ’n geloofsdaad beskou. Om ’n boom te plant, bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak en in ons toekoms te belê,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n volhoubare, groener toekoms. SMS “De Doorns” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN