Header Artwork
#OnsDorp-projek: AfriForum se Lydenburg-tak beveilig bejaardes se wonings   

AfriForum se Lydenburg-tak het op 14 November as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek sonkragligte by drie tehuise in Lydenburg geïnstalleer.

Die sonkragligte werk met ’n bewegingsensor wat dan ’n helder lig aktiveer wanneer daar beweging is. Die ligte is opgerig by die Lydenburg Rusoord-, Kiepersol- en Kanabas-behuisingsprojek vir bejaardes, om die persele te help beveilig.

“Ons wil graag meer van hierdie ligte installeer in areas wat deur misdadigers geteiken kan word. Gemeenskappe moet inisiatiewe soos hierdie aanpak om hulself te beveilig in plaas daarvan om te wag vir die regering om iets te doen,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Lydenburg-tak, SMS “Lydenburg” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN