Header Artwork
#OnsDorp-projek: AfriForum se Lichtenburg-tak verbeter infrastruktuur

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 30 Oktober 2020 as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek 3,9 ton teer gebruik om slaggate in 14de Laan te herstel. Tydens dié projek is ongeveer 300 m se randstene ook geverf en skoongemaak. Die Lichtenburg-tak het bykans R15 000 aan die #OnsDorp-projek bestee.

“Die paaie in Lichtenburg is in ’n gehawende toestand omdat die munisipaliteit versuim om die nodige onderhoud en herstelwerk te doen. Die herstel van slaggate is daarom vir ons ’n groot prioriteit en ons wil inwoners en skole wat soortgelyke probleme in hul areas ervaar aanmoedig om die tak te kontak en ook om betrokke te raak by die projekte,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons wil graag die dorp se paaie stelselmatig verbeter omdat dit tans in ’n onaanvaarbare toestand is. AfriForum se Lichtenburg-tak versoek die gemeenskap om betrokke te raak sodat ons hierdie projek op groot skaal kan aanpak. Ons wil ook graag die gemeenskap bedank vir elke bydrae wat die werk wat reeds gedoen is, moontlik gemaak het,” sê Stefan Niemand, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN