Header Artwork
#OnsDorp: AfriForum-tak in Hertzogville en leerders plant groente by skool

Die AfriForum-tak in Hertzogville tesame met leerders en onderwysers van die Saamwerk Primêre Skool het verlede week met ’n projek begin waar hulle organiese groente by die skool plant. Dié projek vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

Die groente gaan dan gebruik word om etes vir die koshuisleerders voor te berei. Daar word beoog om die projek na die tehuis vir bejaardes in Hertzogville uit te brei.

“Dit is ’n heerlike, opvoedkundige projek om aan te pak. Dit leer kinders om self groente te verbou, maar dit sorg ook dat die minderbevoorregte leerders gesonde, vars groente inkry,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN