Header Artwork
NVG vervolg eindelik ’n motoris van Middelburg na privaatvervolgingseenheid ingryp   

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan die vervolging teen Khumbulani Malinga herinstel nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid tot die saak toegetree het. Khumbulani het Lizel Visagie in Maart 2019 in Middelburg raakgery en sy het later aan haar beserings beswyk. Hy moet op 1 Februarie 2021 in die Middelburg Landdroshof verskyn.

Visagie het tydens die insident haar minderjarige dogter uit die pad van Malinga se motor gestamp terwyl hy besig was om van die verkeerspolisie te vlug. Malinga het Visagie se been afgery en sy is op pad na die hospitaal oorlede.

AfriForum het op 29 September 2020 namens Visagie se familie aan die NVG geskryf aangesien die saak teen Malinga al vir langer as ’n jaar sloer. Die NVG het, volgens hulle skrywe aan AfriForum se privaatvervolgingseenheid op 13 November 2020, aanvanklik die klagtes teen Malinga teruggetrek aangesien die bloedalkoholverslag uitstaande was. Die saak teen Malinga is op 23 Augustus 2020 as gevolg daarvan van die hofrol geskrap.

“AfriForum verwelkom die NVG se besluit om Malinga wel te vervolg aangesien Lizel Visagie se naasbestaandes geregtigheid verdien. Sake soos hierdie beklemtoon die noodsaaklikheid van die druk wat die privaatvervolgingseenheid uitoefen sodat prima facie-sake wel vervolg word. Ons sal aanhou om die saak te moniteer en Lizel se naasbestaandes in hierdie verband by te staan,” sê adv. Phyllis Vorster, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN