Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
’n Groot droom is bewaarheid met Sol-Tech, die beroepskollege van die Solidariteit Beweging, wat vandeesweek amptelik sy nuwe kampus in Centurion geopen het. Meer as 600 studente ontvang hier wêreldklasonderrig in Afrikaans om hul as vakmanne vir die toekoms te bekwaam. Die nuwe kampus en beoogde koshuisgeriewe beloop sowat R300 miljoen. “Dis ’n droom van 13 jaar wat nou waar geword het. Ná baie harde werk en groot gevegte, is ons bly oor hierdie mylpaal wat bereik is,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech.