Header Artwork
AfriForum se Bloemfontein-takke verwyder bykans 300 ton vullis

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het gedurende Desember en Januarie 299 ton vullis verwyder nadat die munisipaliteit gestaak het en daar geen vullisverwydering plaasgevind het nie. AfriForum se kontrakteur en ’n bykomende kontrakteur het onderskeidelik ’n drieton- en viertonvragmotor gebruik om 88 vragte vullis te verwyder.

AfriForum lewer reeds sedert September 2020 ’n volhoubare vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein wat by die vullisverwyderingsdiens aangesluit het omdat die munisipaliteit nie gereeld vullis verwyder het nie.

“Vullis wat nie verwyder word nie veroorsaak ’n gesondheidsrisiko en laat die woonbuurte onnet voorkom – veral wanneer die vullissakke oopgeskeur en die gebied met vullis bestrooi word,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

“AfriForum moedig die gemeenskap aan om by die vullisverwyderingsdiens aan te sluit. Enigiemand kan van die diens gebruik maak; dit is nie eksklusief vir AfriForum-lede nie. Inwoners wat van die diens gebruik maak, ontvang unieke groen AfriForum-vullissakke en ’n skedule is ook beskikbaar om te sien op watter dag vullis in die betrokke gebied verwyder word,” sê Groenewald.

Registreer hier vir AfriForum se vullisverwyderingsdiens of SMS “AfriForum” na 45266 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN