Header Artwork
NSFAS se leë beloftes aan studente lei tot gewelddadige betogings op kampusse

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) se aanhoudende leë beloftes aan studente en toelaes wat nie uitbetaal word nie, lei al hoe meer tot gewelddadige betogings op kampusse oor die land heen. Dit is weer eens duidelik gemaak ná die afgelope week se studentebetogings by die Walter Sisulu Universiteit. AfriForum Jeug is van mening dat geweld en minagting van medestudente se regte nie die oplossing tot dié probleem is nie en dat daar teen studente opgetree moet word wat eiendom beskadig en ander studente se reg om klas te loop skend.

“Die enigste oplossing vir hierdie situasie met die NSFAS – wat tot onsekerheid onder studente lei – is litigasie, soos waarmee AfriForum Jeug besig is. As ’n mens gaan kyk na elke tersiêre instelling waar daar protesoptrede plaasvind, is NSFAS die oorhoofse probleem en ongelukkig help universiteite nie die studente om saam druk op NSFAS toe te pas nie,” sê Chantelle du Preez, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir tersiêre instellings.

“Vyfduisend studente het verlede jaar hul NSFAS-befondsing verloor. Vanjaar se studente wag nog dat die gelde van NSFAS deur universiteite aan hulle uitbetaal moet word. Gevolglik sal die universiteite en die polisie die spit moet afbyt vir die moeilikheid wat NSFAS op verskeie kampusse veroorsaak,” sê du Preez.

AfriForum Jeug sal aanhou om namens hierdie studente op te tree en druk op NSFAS te plaas sodat die studente wat aan hulle toekoms bou nie slagoffers van bedrog en politieke inmengery word nie.

Raak vandag nog by dié kampusse se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: stuur ’n e-pos aan chantelle.dupreez@antiek.afriforum.co.za of SMS “NSFAS” na 32687 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN