Header Artwork

 

Afriforum is tans besig met ‘n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit vele invalshoeke in om sodoende die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ‘n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te isoleer en om op te fokus, juis omdat daar soveel veranderlikes is wat in gedagte gehou moet word.

Onderwerpe wat in die studie aangespreek gaan word, sluit die volgende in:

  • Die doeltreffendheid van bepaalde veiligheidsmaatreëls;
  • Die samestelling van verskillende statistieke wat met plaasaanvalle verband hou;
  • Die koste-implikasies van ‘n plaasmoord/plaasaanval;
  • Die sielkundige impak van ‘n plaasaanval of –moord op slagoffers;
  • Die impak van ‘n aanval plaaswerkers;
  • Die doeltreffendheid van polisie-ondersoeke na plaasmoorde; en
  • Die impak wat haatspraak en politieke opstokery het.

Direkte slagoffers en hul families wat geliefdes tydens aanvalle verloor het, word genader om deel te neem in die projek. ‘n Omvattende vraelys word dan saam met die slagoffers ingevul om seker te maak dat die data wat ingevorder word korrek, geldig en betroubaar ingesluit kan word in die bevindinge van die studie.

Verder gaan daar onderhoude gevoer word met die werkers wie self teenwoordig was tydens aanvalle en slagoffers was. Die impak van ‘n aanval op werkers wie se werknemer in aanvalle vermoor was, word ook ondersoek. Die trauma van ‘n aanval is nie beperk tot slegs die direkte families nie, maar brei ongetwyfeld uit na die werkers wie se veiligheid op die eiendom bedreig word, waar baie van hul gesinne woon.

Afriforum is ook besig met die proses om toegang te kry tot gevangenes wat tans straf uitdien vir misdade gepleeg tydens ‘n plaasaanval. Hierdeur hoop ons om meer duidelikheid te kry oor die motiewe van die aanvalle asook hoe die spesifieke plase as teikens gekies word.

Die studie sluit onderhoude met kenners en belanghebbendes in. Landbou unies, buurtwagte, privaat sekuriteitsmaatskappye asook verskeie relevante regeringsdepartemente gaan genader word om insae te lewer oor die onderwerp.

Die doel van die studie is om ‘n omvattende ondersoekende studie oor plaasaanvalle te doen en om die bevindinge daarvan in ‘n enkele bron bymekaar te sit wat dan gebruik kan word deur departemente, betrokke rolspelers, nie winsgewende organisasies, studente en alle belanghebbendes om strukture in plek te sit om slagoffers en eienaars van plase en kleinhoewes te ondersteun en te beveilig.

Afriforum wil mense wat inligting het oor plaasaanvalle en direkte slagoffers aanmoedig om deel te wees van die studie en ons te kontak by stopdiemoorde@antiek.afriforum.co.za of stopthemurders@antiek.afriforum.co.za 0f vul die vorm hieronder in.

Alle inligting sal opgevolg word.

[contact-form-7 id=”13289″ title=”Petisie: Stop die moorde”]

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN