Header Artwork


Die AfriForum-tak in Phalaborwa het volledige skriftelike terugvoer van Pule Shayi, burgemeester van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit, ontvang in reaksie op ’n wenslys wat dié tak in samewerking met die plaaslike belastingbetalersvereniging aan hom oorhandig het.
Die doel met die wenslys was om probleme wat dringend in dié dorp aangespreek moet word onder die burgemeester en munisipaliteit se aandag te vestig en het onder meer die volgende uitgelig:

  • Rioolprobleme in die dorp.
  • Swak waterdruk en lekkasies.
  • Probleme met elektrisiteitsvoorsiening.
  • Stukkende straatligte.
  • Slordige sypaadjies en parkies.

Shayi het in sy skrywe die uitdagings met rioolprobleme in die dorp verduidelik en ook die beplande projekte om dié probleem op te los, aangedui. Verder het hy ook onderneem dat die herstel van waterlekkasies en straatligte geprioritiseer sal word, dat elektrisiteitsinfrastruktuur opgegradeer sal word en dat ’n langtermynplan om paaie in die dorp te herstel, opgestel sal word.

“AfriForum verwelkom die munisipaliteit se samewerking en sal die vordering deurlopend moniteer,” sê Saartjie Matthysen, voorsitter van die AfriForum-tak in Phalaborwa.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN