Header Artwork
Matriekuitslae: Swakker slaagsyfer te wyte aan departement se swak hantering van COVID-19   

AfriForum wens alle matrikulante wat in 2020 hul skoolloopbaan suksesvol voltooi het, van harte geluk met dié prestasie en bedank onderwyspersoneel wat dit ten spyte van uiters moeilike omstandighede moontlik gemaak het. Nietemin lê die burgerregteorganisasie die daling van 5% in die matriekslaagsyfer teenoor 2019 voor die deur van die Departement van Basiese Onderwys se swak hantering van die COVID-19-pandemie.

Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, was die gedurige sluit van skole vir onnodige lang tye, gebrekkige voorsiening van veiligheidsmiddels, die departement se vermorsing van miljarde rande, asook die onsekerheid oor die herskryf van twee uitgelekte vraestelle enkele van die faktore wat hiertoe bygedra het.

AfriForum het verlede jaar verskeie skole ondersteun met die voorsiening van beskermende toerusting soos handreiniger om te verseker dat hierdie skole veilig kon open en het ook ’n suksesvolle hofaansoek gebring om die departement se besluit teen te staan dat alle matrikulante die gelekte matriekvraestelle sou moes oorskryf.

“Dit is egter tyd dat die departement groter erns maak met die toekoms van Suid-Afrika se kinders, aangesien daar talle openbare skole is wat nie voldoende veiligheidstoerusting ontvang het nie. Voorts behoort die departement onder meer op te tree teen politici soos Panyaza Lesufi wat toelaat dat sy departement miljoene rande mors om kwansuis skole te ontsmet, terwyl kinders se behoeftes ontoereikende aandag geniet,” sluit Venter af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN