Header Artwork

ʼn Man is Donderdagoggend aan skietwonde dood nadat vyf aanvallers hom en sy gesin op hul hoewe in Kameeldrift-Wes buite Pretoria aangeval het.

Volgens Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het die slagoffer, Nicholaas Harmse (61) en se dogter Bianca (31) wakker geword nadat vyf verdagtes die deur van hul huis oopgebreek het.

“Bianca is toe met haar selfoonkoord vasgebind en het om hulp vir haar pa geskree om hulp. Toe hy wakker word en na sy kamerdeur hardloop, het een van die verdagtes twee skote in sy rigting afgevuur. Hy is in die skouer getref. Haar seuntjie het tydens die aanval ongedeerd op sy bed bly lê.”

Volgens Müller het Harmse na sy slaapkamer gestrompel waar hy langs sy vrou, Grace (56), op die bed oorlede is.

Grace is ook vasgebind. Die verdagtes het toe die huis omgekeer en met verskeie elektroniese en huishoudelike items gevlug.

Nadat hulle weg is, het die 5-jarige sy ma en ouma losgesny. Hulle het toe na die bure gejaag om hulp te ontbied.

Volgens Müller was die paramedici en polisie binne 15 minute op die toneel. Harmse is op die toneel dood verklaar en die verdagtes is nog nie aangekeer nie.

Müller het ook aan Forum Nuus gesê dat AfriForum Trauma onmiddellik gekontak is en berading en bystand vir die familie gaan bied.

Die polisie het gesê ʼn saak van huisroof en moord word ondersoek.

Die moord op Harmse is een van talle wat sedert die begin van die jaar op plase en kleinhoewes gepleeg is. Forum Nuus het ook verneem dat die gesin in September na die hoewe verhuis het. Volg hierdie skakel vir kenners se veiligheidswenke tydens plaasaanvalle: https://forumnuus.co.za/forum-nuus-ontleding-plaasmoorde-en-die-pad-vorentoe/

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN