Header Artwork
Malema en Ndlozi se aanrandingsverhoor uitgestel na Julie

Die verhoor van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is vandag in die Randburgse Landdroshof uitgestel na 1 en 2 Julie 2021. Die twee verskyn vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel, Johannes Venter.

Die uitstel kom nadat van die getuies wat môre voor die hof sou verskyn, aangedui het dat hulle ongesteld is.

Die hof het vandag gehoor dat die oorspronklike saakdossier nie net verdwyn het nie, maar ook dat daar met van die fotobewysstukke gepeuter is.

“Dit is uiters kommerwekkend dat ’n polisielid wat net sy werk probeer doen het, nou ’n slagoffer van skynbare onbevoegdheid onder sy eie kollegas geword het. Dit is ook hoogs verdag dat bewysstukke juis by ’n saak teen Malema verdwyn,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sal voortgaan om die saak te moniteer.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN