Header Artwork


AfriForum se Kempton Park-buurtwag het die afgelope twee naweke in samewerking met die SAPD, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan klopjagte in die Kempton Park-omgewing deelgeneem.

Verskeie arrestasies vir onder meer die besit van dwelms is tydens die onderskeie klopjagte gemaak. Beslag is ook op ’n onwettige wapen en onwettige drank gelê. Hierdie arrestasies en ander is in samewerking met die SAPD uitgevoer.

“AfriForum se Kempton Park-buurtwag wil die gemeenskap aanmoedig om by veiligheidsnetwerke betrokke te raak. Sodoende kan ons Kempton Park ’n veiliger omgewing maak,” sê Dirk Venter, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-buurtwag.
“Hierdie tipe klopjagte wat die SAPD van stapel stuur is uiters belangrik in gemeenskappe om sowel samewerking as sigbaarheid te bevorder en misdadigers die gebied te ontsê,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.
“AfriForum se Kempton Park-tak wil graag die SAPD, asook alle ander instansies wat aan hierdie klopjagte deelneem, bedank vir die uitstekende samewerking en goeie koördinering tydens hierdie optredes,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN