Header Artwork

Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier.

Du Toit se Kunstefees in die kleine-vertoning word Suid-Afrikaanse tyd om 11:00 (Die maan deur ’n gaatjie in die nag), 15:00 (BeSTEMmings) en 19:00 (Soli Deo Gloria) aangebied. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 vir pensioenarisse) vir teatergangers wat dit fisies bywoon.

Die vertonings word ook regstreeks gestroom. Aanlyn kykers van die vertonings kan teen slegs R150 die hele dag se gebeure meemaak – waar jy jou ookal in die wêreld bevind. Twee bonus aanlyn konserte vul ook nog die gapings tussen die dag se drie verhoogkonserte: Oesjaar en Kiekies – Lucas se liedjies. Toegang tot die skakel sal vir ’n week lank geldig wees.

Koop hier kaartjies vir fisiese vertoning en hier vir die aanlyn vertoning.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN