Header Artwork

Die Noga’s Post-gemeenskap is nie net honger vir kos nie, maar óók vir kennis.

Die stroop van die eerste mielie-oes van die gesamentlike landbouontwikkelingsprojek wat deur AfriForum, Pioneer, Saai, Agri All Africa (AaA), die Boiphitlhelelo Koöperatief en Purposely Ignited in Noga’s Post aangepak is, het vandeesweek begin.

Dié projek bring hoop in ’n tyd wat dit baie nodig is en dien as ’n bewys van die sukses wat moontlik is as verskillende kultuurgemeenskappe en rolspelers op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek saamwerk. “Ons het baie uitdagings beleef, maar met genade van Bo en die toewyding van die gemeenskap, plaaslike kommersiële boere en die projekvennote het ons elke uitdaging te bowe gekom, sê Barend Uys, hoof van Interkulturele Samewerking by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN