Header Artwork
Geregtelike doodsondersoek na Deedat-gesin se vlammedood amper afgehandel

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het op 15 en 16 Februarie 2021 nog ’n branddeskundige oor die vlammedood van Suraya Deedat en haar vier kinders in 2011 in die Johannesburgse Landdroshof onder kruisverhoor geplaas. Dié deskundige getuie is aangestel deur die regspan van die persoon van belang in die geregtelike doodsondersoek (GDO), Naeem Deedat, Suraya se man en die enigste persoon wat die brand oorleef het.

Anina Burger, ’n branddeskundige van die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (WNNR), was in 2011 deur die versekeringsmaatskappy aangestel om ’n verslag oor die oorsprong van die brand saam te stel ten einde te bepaal of ’n versekeringseis sal uitbetaal, welke uitbetaling sy in haar verslag ondersteun het. Ten spyte hiervan het sy nou ook namens Naeem deskundige getuienis gelewer oor wat op die aand van die brand gebeur het.

Adv. Nel se kruisondervraging van Burger het uitgewys dat die versekeringsverslag oor die brand potensieel sekere vooroordele bevat en dat sekere getuies se weergawes aangepas is om die persoon van belang se weergawe van die gebeure op daardie aand te ondersteun. Tydens kruisondervraging het dit ook geblyk dat Burger se verslag selektiewe inligting bevat en dus nie as objektief beskou kan word nie.

Die GDO sal op 29 Junie tot 1 Julie 2021 hervat wanneer Burger se kruisondervraging sal voortgaan.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN