Header Artwork
Forum Nuus: Die week se blitsflits

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is roeping die burgerregte-organisasie se geheime wapen en verskeie AfriForum-takke het die week hul gemeenskappe met roeping gedien.

Die Wolmaransstad-tak het die afgelope maand hard gewerk om sleutelpunte in dié dorp skoon te maak, insluitend rondom die plaaslike begraafplaas en ouetehuis omdat gras en vullis nie net ’n brandgevaar inhou nie, maar ook ’n gesondheidsrisiko is.

Die begraafplaas in Wolmaransstad.

 

In Bloemfontein gaan die tak voort met sy volhoubare projek om erfenisterreine in dié stad skoon te maak en in stand te hou. Dié projek sien veral om na die instandhouding van die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument wat binne die Ou Presidensie geleë is. Die projek spruit uit AfriForum se jaarlikse monument-oudit.

Die buurtwag in Vaalharts het in samewerking met Hartswater Crime Watch, die plaaslike polisie en die weermag gewerk om misdaad te beveg. Hul het onder meer op ’n taverne, wat drank verkoop en rus verstoor het ná die aandklok, toegeslaan. Die drank is gekonfiskeer en die eienaar is beboet. Gesamentlik het die buurtwag en rolspelers ook 120km afgelê tydens ’n patrollie wat 27 uur geduur het.

Die Centurion-tak het twee kameras op strategiese plekke in die Valhalla-omgewing opgesit om te help om misdaad te bekamp.

’n Boskamera wat in ’n misdaadgeteisterde gebied in Centurion opgerig is.

 

Riool is steeds ’n uitdaging in Klerksdorp. Die AfriForum-tak het ’n dringende skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die haglike toestand van die dorp se rioolwerke. Volgens ’n kenner, wat deur AfriForum aangestel is om rioolwerke te evalueer, is R10 miljoen nodig om dit weer in ’n werkende toestand te kry. Die munisipaliteit het tot 11 Augustus 2021 om op die skrywe te reageer, anders sal die organisasie genoop wees om ’n hofbevel te bekom om die munisipaliteit te dwing om die werk te doen. Anders sal ’n kontrakteur aangestel word om die herstelwerk te doen en die geld sal van die munisipaliteit verhaal word.

Riool in Schoonspruit.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN