AfriForum se Amanzimtoti-tak is in Januarie vanjaar gestig en reeds baie bedrywig. Taklede en ander vrywilligers het onlangs ingespring om die Meerbank konsentrasiekampmonument, wat erg verwaarloos was, skoon te maak. Die betrokke konsentrasiekamp was een van die grootstes wat tydens die Anglo-Boereoorlog gebruik was. Opstandige vroue is juis hiernatoe gestuur omrede die kamp vêr weg van enige ander was en die Boervroue en -kinders baie moeilik met gevangenes in ander kampe kon kommunikeer. Op Vrouedag onthou ons weer watter belangrike rol vroue ook in dié oorlog gespeel het.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!