Misdaad is oral in die land ‘n probleem. Op Hluhluwe in KwaZulu-Natal tree die AfriForum-tak egter pro-aktief op om die gemeenskap te beveilig. Hier is een van die land se grootste beheerkamers en gevorderde rekenaartegnologie word ingespan om verdagte voertuie en verdagtes op te spoor en aan te keer. Die dorp is op die R22-roete na Mosambiek en ‘n gewilde roete vir smokkelhandel tussen die twee lande. Volgens Pierre Conradie, AfriForum-takvoorsitter op die dorp, is daar uitstekende samewerking met die plaaslike polisie en ander rolspelers wat hulle in staat stel om misdaad tot ’n minimum te beperk.