Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die familie van Solomon (Solly) Nengwane in die Brtis Landdroshof opgetree in die geregtelike ondersoek na sy dood. Die persone van belang in dié ondersoek is agt polisiebeamptes onder wie se toesig die slagoffer in 2006 glo in aanhouding oorlede is. Die saak is uitgestel.