Header Artwork
AfriForum se Helderbergkom-tak maak Dirkie Uys-monument skoon

AfriForum se Helderbergkom-tak en buurtwag het in samewerking met AfriForum Jeug op 1 Mei die Dirkie Uys-monument in Somerset-Wes herstel en geoudit. Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale monumentoudit wat in Maart 2021 afgeskop het en jaarliks sal plaasvind. Die doel van die projek is om ons erfenis vir ons nageslagte te help bewaar.

Die monument is skoongemaak en rommel en glasstukke rondom die monument is opgetel en verwyder, waarna die omgewing rondom die monument opgeruim, skoongemaak en met ’n drukspuit skoongespuit is. Verder is die graffiti ook van die monument af verwyder. ’n AfriForum-bord is opgesit waarna die vrywilligers versnaperings geniet het.

“Dit is skokkend om te sien hoe monumente van ons erfenis agteruitgegaan het en net so gelaat word om verder te verval. AfriForum sal aanhou om eienaarskap van ons erfenisterreine te neem en dit te beskerm,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.

Die takbestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Helderbergkom” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN