Lede van AfriForum se Wilgehof-tak in Bloemfontein, spelers van die Cheetahs-rugbyspan se Cheetahs for Change, spelers van die Hoërskool Jim Fouche se rugbyspanne en lede van die publiek het vandag ingespring om slaggate te herstel en strepe in die strate voor die skool oor te verf. Cheetahs for Change is omtrent ’n maand gelede op die been gebring om ’n verskil in die plaaslike gemeenskap te probeer maak en het die plaaslike AfriForum-takke genader om projekte saam aan te pak. Vandag se inisiatief was die eerste gesamentlike een en Christo Groenewald, AfriForum se distrikkoördineerder in Bloemfontein, het die hoop uitgespreek dat AfriForum en Cheetahs for Change nog baie projekte saam sal aanpak.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!