Lede van verskeie AfriForum-buurtwagte het die afgelope week in Orania protospanopleiding ontvang. Teoretiese en praktiese aspekte is binne die raamwerk van die wet behandel om protospanlede slaggereed te maak om in ’n noodsituasie op te tree. Jan Wessels, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, meen die kursus was ’n groot sukses. Hy het die hoop uitgespreek dat soortgelyke opleiding mettertyd regoor die land aangebied kan word.