Header Artwork
AfriForum se Heidelberg-buurtwag bied hulp ná kaping op N3-snelweg   

Die AfriForum-buurtwag in Heidelberg, Gauteng het op 24 Junie omstreeks 22:00 inligting ontvang dat kalwers verlate op die N3-snelweg tussen Grootvlei en die De Hoek-tolhek gevind is. Sommige van die kalwers was steeds op ’n sleepwa, terwyl ander langs die pad en in die veld aangrensend die snelweg gevind is.

Die eienaar van die sleepwa is in Polokwane opgespoor en sy het die buurtwag in kennis gestel dat sy die kalwers by ’n plaaslike boer gekoop het. Haar drywer, wat sy al vroeër die dag terug verwag het, het egter nooit opgedaag nie.

Daar was geen teken van die drywer nie en hy het nie sy selfone beantwoord nie. Buurtwaglede en die Heidelberg SAPD het gevolglik ’n soektog na die vermiste silwer Toyota Hilux en die drywer van stapel gestuur. Die voertuig is laaste op die R550 naby die Suikerbosrand Natuurreservaat gesien, maar het ongelukkig nie ’n opsporingstelsel bevat nie.

Die kalwers is oornag in veilige bewaring gehou totdat die eienaar hulle kon afhaal. Ná ’n lang soektog is die drywer uiteindelik Vrydagoggend gevind. Hy kon daarin slaag om na die naaste polisiestasie te stap nadat hy gekaap en ernstig aangerand is.

“Ek wil graag die buurtwaglede en ander rolspelers bedank vir hulle tyd en deursettingsvermoë wat hierdie operasie suksesvol gemaak het,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN